Geregistreer ingevolge artikel 18A · PBO 930043004

Voorblad van Die seun wat bly leef het deur Jacques Papenfus: 'n ou skoolfoto van 'n glimlaggende seuntjie in 'n skoolbaadjie, en 'n man wat by 'n meer op sy hurke sit en oor die water uitkyk

Jacques se boek

Die seun wat bly leef het

Van Moeggesukkel na soveel meer

deur Jacques Papenfus

R270per boek

plus R100 Pudo-aflewering per bestelling. Prys sluit BTW in.

Koop nou

Jy koop die boek. Ons help jou om iemand anders se lewe daarmee aan te raak.

Elke boek wat jy koop, ondersteun Jacques se storie en Moeggesukkel se werk met mense in nood.

Oor die boek

Jacques Papenfus se organisasie Moeggesukkel is bekend vir die duisende lewens wat hierdie platform daagliks aanraak, maar min mense ken die verstommende verhaal van die man agter die skerms.

Ná 'n tragiese motorongeluk waarin Jacques op negejarige ouderdom sy hele gesin verloor, volg 'n lewe van trauma, skuldgevoelens, rebellie en 'n voortdurende hunkering na 'n plek waar hy behoort. Maar uit hierdie tydperk van ongekende seer het 'n buitengewone reis van geloof en herstel begin. Jacques neem die leser deur sy donkerste jare, sy soeke na antwoorde, wonderbaarlike ontmoetings met God en die ontstaan van Moeggesukkel.

Hierdie is die verhaal van 'n seuntjie wat gewonder het waarom hy oorleef het, en 'n man wat ontdek het dat sy diepste wonde die plek geword het waar God se genade die helderste skyn.

Die seun wat bly leef het is 'n getuienis van hoop vir elkeen wat verlies, verwerping of eensaamheid ervaar het: 'n herinnering dat ons waarde nie bepaal word deur wat ons verloor het of wat ander van ons dink nie, maar deur die wete dat ons kosbaar is in God se oë.

Skrywer
Jacques Papenfus
Uitgewer
LUCA
ISBN
978-1-77988-144-1
Taal
Afrikaans
Jacques Papenfus in 'n ligte grys pak

Oor die skrywer

Jacques Papenfus is 'n entrepreneur, gemeenskapsleier en die stigter van Moeggesukkel in Centurion.

Moeggesukkel het begin toe hy 'n maaltyd gedeel het met twee hawelose mense, Basie en Klasie. Vandag help Moeggesukkel mense wat op straat geleef het met kos, 'n tuiste, werk en 'n tweede kans, met een boodskap: jy is kosbaar.

Voorblad van Die seun wat bly leef het deur Jacques Papenfus

Bestel jou boek

Hoeveel boeke?

1 tot 10 boeke per bestelling.Meer as 10? Kontak ons vir groot bestellings: office@moeggesukkel.co.za · 068 948 3959

Jou besonderhede

Jou bestelling en die naspoornommer kom na hierdie adres.

Pudo stuur die SMS met jou PIN of naspoorskakel na hierdie nommer.

Kies 'n Pudo-locker

Ons stuur jou boeke na 'n Pudo-locker naby jou. Aflewering kos R100 per bestelling, vir een of 10 boeke.

Iets wat ons oor jou bestelling moet weet? Hoogstens 250 karakters.

Jou bestelling

1 x R270 = R270 · Pudo R100 · Totaal R370

Prys sluit BTW in.

Jy betaal veilig op PayFast se eie bladsy. Ons sien of stoor nooit jou kaartbesonderhede nie.

Ons gebruik jou besonderhede net vir hierdie bestelling. Jou naam, selfoon, e-pos en locker gaan na Pudo vir die aflewering.

Aflewering en vrae

Hoe werk Pudo?

Pudo is The Courier Guy se locker-diens. Kies 'n Pudo-locker naby jou, en ons stuur jou boeke daarheen. Pudo stuur 'n SMS na jou selfoon met die PIN om jou pakkie uit die locker te haal.

Hoe lank neem aflewering?

Gewoonlik 1 tot 4 werksdae nadat ons die pakkie gestuur het.

Wat gebeur ná betaling?

PayFast bevestig jou betaling aan ons. Jy kry 'n e-pos met jou bestelnommer, en ons pak jou boek en stuur dit met Pudo. Sodra die pakkie op pad is, kry jy die naspoornommer.

Wat kos aflewering?

R100 per bestelling, vir een boek of 10. Die prys sluit BTW in.

Lewer julle by my huis af?

Nee, ons stuur net na Pudo-lockers. Soek in die bestelvorm een naby jou, volgens dorp, voorstad of poskode.

Kan ek die boek terugstuur?

Ja, binne 7 dae nadat jy dit by die Pudo-locker afgehaal het, solank dit ongebruik is. Lees ons terugsendings- en terugbetalingsbeleid vir die besonderhede, ook as jou boek beskadig of foutief aankom.

Wil jy meer as 10 boeke bestel?

Kontak ons vir groot bestellings, byvoorbeeld vir 'n kerk, skool of maatskappy.

Vrae oor jou bestelling?

Kontak ons en noem jou bestelnommer, dan help ons jou gou.

Terugsendings en terugbetalings

  1. Van plan verander: Jy kan jou bestelling binne 7 dae nadat jy die boek by die Pudo-locker afgehaal het kanselleer en die boek terugstuur, solank dit ongebruik en in die oorspronklike toestand is. Jy betaal self die koste om dit terug te stuur. Ons betaal die boekbedrag terug binne 30 dae nadat ons die boek terug ontvang het. Die afleweringsfooi van R100 word nie terugbetaal nie.
  2. Beskadig of foutief: As jou boek beskadig of foutief by jou aankom, laat weet ons asseblief binne 48 uur nadat jy dit afgehaal het, met 'n foto, by accounts@moeggesukkel.co.za of 068 948 3959. Ons stuur dan 'n nuwe boek op ons koste, of betaal jou die volle bedrag terug, insluitend die aflewering. Jou reg om 'n foutiewe boek binne 6 maande terug te gee, bly ook staan.
  3. Verkeerde of verlore bestelling: As jy die verkeerde boek of aantal ontvang, of as die pakkie nie aankom nie, maak ons dit reg op ons koste.
  4. Nie afgehaal nie: As die pakkie nie betyds by die locker afgehaal word nie en na ons teruggestuur word, kan ons dit weer stuur teen 'n nuwe afleweringsfooi van R100, of die boekbedrag terugbetaal.
  5. Hoe: Kontak ons met jou bestelnommer by accounts@moeggesukkel.co.za of 068 948 3959. Terugbetalings gaan terug na dieselfde betaalmetode via PayFast.
Terug na die bestelvorm